Simonstad-brand uiteindelik onder beheer

Die Stad Kaapstad sê die meeste van die brande by Simonstad is geblus maar brandbestryders bly op die toneel omdat dit weer kan opvlam. Brandbestryders het uiteindelik daarin geslaag om die brand, wat Dinsdag begin het, onder beheer te kry. Inwoners van Simonstad en Glencairn het toestemming gekry om huiswaarts te keer. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, JP Smith, sê geen sterftes is aangemeld nie, en slegs minder ernstige beserings het voorgekom en is behandel.