SIM-kaarte: Namibiërs stel al weer uit

Die inligting-minister, Peya Mushelenga, het op 29 Desember aangekondig dat die sperdatum vir SIM-kaart registrasies tot 31 Maart vanjaar uitgestel is. Na die aankondiging is die kantore van Telecom en MTC leeg, waar daar vroeër lang rye mense was wat die registrasie van hul SIM-kaarte tot op die laaste uitgestel het en dit wil voorkom asof Namibiërs weer uitstel. Kosmos 94.1 Nuus het met die inligting-ministerie se senior openbare betrekkinge beampte, Shoki Kandjimi, gepraat wat mense smeek om van die geleentheid gebruik te maak om betyds te registreer.