SIM-kaart registrasies nou tot 31 Maart 2024

Die minister van inligting, dr. Peya Mushelenga het vanoggend aangekondig dat die sperdatum vir SIM-kaart registrasies tot 31 Maart 2024 uitgestel is. Dit kom nadat net 62,5 persent, oftewel 1,491 miljoen SIM-kaarte, op 27 Desember geregistreer was, uit ‘n totaal van 2,284 miljoen gebruikers. Volgens Mushelenga is registrasie ‘n vereiste ingevolge internasionale wetgewing en in Afrika, het net Namibië, Malawi en Lesotho in die verband ontbreek. Hy het melding gemaak van die feit dat daar reeds in 2022 aangekondig is dat SIM-kaarte geregistreer moet word.