Haaie mik na wen teen Stormers

Rugby: Die Haaie mik na ‘n oorwinning in môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Stormers in Kaapstad, wat hulle selfvertroue ‘n hupstoot sal gee. Die span van KwaZulu-Natal is tans tweede-laaste op die punteleer. Hulle sal egter met nuwe energie teen die Stormers uitdraf ná ‘n kort, verkwikkende rustydperk. Hulle laaste wedstryd was op 17 Desember, toe hulle met 32-29 teen die Cheetahs in die Uitdaagbeker verloor het. Maar kenners sê met Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi, Aphelele Fassi en Grant Williams in die agterlyn, sal die Haaie altyd ‘n bedreiging wees.