Sikunga-viswagters lê beslag op talle gestroopte vis in Zambezirivier

Die ses Sikunga-viswagters van die Sikunga-bewaringsgebied in die Zambezi-streek vat visstropers in die Zambezirivier vas. Volgens die Sikunga-viswagters se maandelikse verslag vir Julie het hulle beslag gelê op 15 makôrôs en nette van 55,3 kilometer lank in die Zambezirivier. Daar was 2 742 vis in die nette. Gondwana se omgewingsbeampte, Justice Muhindwa, gesels met Kosmos 94.1 Nuus en verskaf statistieke vanaf Januarie vanjaar.