‘Sielkundig ongestelde’ man sterf in huisbrand

‘n 28-jarige man, Abniel Katangolo, het tragies gesterf toe sy ouers se huis buite Windhoek aan die brand geslaan het. Volgens die polisieverslag het die voorval omtrent 11-uur gisteraand in Peneyambeko Hashoongostraat in die Kilimanjaro informele nedersetting gebeur. Volgens Katangolo se oom het die oorledene verlede Donderdag teruggekeer huis toe uit die Noorde, maar het geblyk om sielkundig ongesteld te wees. Daar word beweer die oorledene het die huis opsetlik aan die brand gesteek, aangesien hy dit al voorheen gedoen het, maar deur sy pa gered is. Die polisie-ondersoek duur voort.