Shut It All Down plaas versoekskrif teen haatspraak aanlyn

Die pro-gay-huwelikgroepering, bekend as Shut It All Down Namibia, het hul petisie op change.org gelaai maar dit word ook vandag oorhandig, nes die petisie teen gay-huwelike wat deur die Koalisie van Kerke en Organisasies opgetrek is. Die Shut It All Down-groep eis dat die wetsontwerp rakende haatspraak, so vinnig as moontlik deur die Nasionale Vergadering goedgekeur word, soos Sister Namibia se redakteur, Ethne Mudge, verduidelik.