VSA wil sanksies teen Uganda instel maar is doodstil oor die Midde-Ooste

Die opdrag deur Amerikaanse President Joe Biden aan sy administrasie om ondersoek in te stel na die moontlikheid van sanksies teen Uganda, sowel as die moontlike opskorting van amper 1 miljard Amerikaanse dollar se jaarlikse bystand, lok steeds reaksie uit. Dit volg ná die Ugandese President Yoweri Museveni se besluit om die wêreld se strengste wet teen LGBTQ te onderteken, maar daar is vrae waarom die VSA ook nie sanksies teen ryk lande in die Midde-Ooste en sommige Asiatiese lande, wat ook gekant is teen die LGBTQ-gemeenskap, instel nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke kommentator, dr. Charles Sinkala gepraat oor of dit regverdig is dat die VSA sanksies teen Uganda wil instel, maar nie teen Midde-Oosterse lande nie.