Shout-It-Now by Vigskonferensie in Montreal

‘n Organisasie sonder winsbejag, Shout-It-Now, praat by die 24ste Internasionale Vigs-konferensie in Montreal, Kanada. Die geleentheid het op 29 Julie begin en eindig môre en die organisasie sal deel hoe hulle die jeug bemagtig om gemaklik te wees met hul seksualiteit. Die organisasie is gekies ná sy hoogs doeltreffende multimedia-veldtog Mo’ghel, get your life pack. Die hoof van bemarking by Shout-It-Now, Zonja Penzhorn, sê die organisasie glo jongmense moet gemaklik voel wanneer hul oor seks en hul seksualiteit praat, insluitend oor seksuele gesondheid.