Shimlas eerste keer sedert 2015 Varsitybeker-kampioen

Rugby: Die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat het die Varsitybeker die eerste keer sedert 2015 gewen. Die Shimlas het die Ikey Tigers van Kaapstad gisteraand in Bloemfontein 45-42 geklop danksy ʼn strafskop in die doodsnikke nadat die spanne altesaam elf drieë gedruk het. Dis die Tigers se tweede agtereenvolgende eindstryd-nederlaag na verlede jaar s’n teen die Arende van Noordwes-Universiteit. Intussen het die Arende die Shimlas se Young Guns 39-36 kafgedraf om as Varsity Young Guns-kampioen gekroon te word.