Brittanje berei voor om migrante na Rwanda te deporteer

Brittanje is gereed om migrante binne dae te begin aanhou vir deportasie na Rwanda nadat die Parlement die omstrede plan goedgekeur het. Dit het woede ontlok by die Verenigde Nasies en menseregtegroepe. Die wetgewing is ‘n vlagskipbeleid van die Konserwatiewe regering en wil onreëlmatige migrasie oor die Engelse Kanaal uit die noorde van Frankryk keer. Die finale stuikelblok is verwyder na gisternag se marathon parlementêre toutrekkery. Volgens die skema sal ongedokumenteerde asielsoekers wat in Brittaje aankom na Rwanda gestuur word, waar hulle asielaansprake ondersoek sal word. As dit goedgekeur word kan hulle in Rwanda bly.