Shikongo wil veediewe, stropers vasvat

Generaal-Majoor Joseph Shikongo van die Namibiese Polisie het die afgelope weke vergaderings met boere in verskeie streke gehad om veediefstal en wildstropery te takel. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Nampol wil polisie-operasies op plase verhoog en markte van gesteelde vleis moet geïdentfiseer word. Hy is ook verheug oor die vyf vermeende veediewe wat met 5 vars beeskarkasse op Okahandja vasgetrek is wat hulle glo op ‘n kommersiële plaas naby die dorp geslag het. Shikongo vertel wat Nampol meer wil doen om hierdie misdaad op plase te bekamp.