Shikongo-ongeluk: Kenner ingeroep 

Plaaslike berigte lui dat die Namibiese polisie die hulp van ‘n Suid-Afrikaanse forensiese kenner in motorongelukke wil inroep met die ondersoek na die noodlottige ongeluk waarin die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo betrokke was. Shikongo se adjunk, Elias Mutota het melding daarvan gemaak in ‘n brief na die families van die drie mense wat in die ongeluk dood is. Dit kom na hulle ‘n petisie ingedien het dat Shikongo afgedank word. Volgens Mutota is die ondersoek na die ongeluk, wat op 30 Desember 2022 in die Noorde plaasgevind het, reeds afgehandel maar, die mag soek nog die opinie van ‘n kenner. Die dossier is blykbaar reeds by die aanklaer-generaal. In Desember verlede jaar is die dossier teruggestuur na die polisie weens onvolledige inligting.