Shikongo gesels met boere in Karibib

Generaal-Majoor Joseph Shikongo, die hoof van operasies by die Namibiese polisie, lê môre besoek af op Karibib om met die boere gemeenskap te gesels oor uitdagings veral in verband met veediefstal. Die vergadering is in die dorpsaal en begin om 10-uur. Shikongo het pas ‘n vergadering met boere in die Windhoek-Omitara-Gobabis gebied gehou om oor dieselfde uitdagings te praat en het ook besoek in Rehoboth afgelê. Daar word berig dat veediefstal skerp toegeneem het regoor die land, gepaard met stropery.