Shiimi stel komitee aan vir Fima-wetsontwerp

Die omstrede Fima-wetsontwerp is terug in die nuus. Die finansminister Ipumbu Shiimi sal op 15 Mei Tegniese Advieskomitee oor hoofstuk 5 van die Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as Fima, inhuldig. Verlede jaar het Shiimi die implementering van die wet uitgestel te midde van intense druk van verskeie belanghebbendes om die omstrede klousule oor verpligte behoud van aftreevoordele te laat vaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Wilson Shikoto gesels.