Shiimi: Hyphen finansier self groenwaterstof-projek

Die minister van finansies en openbare ondernemings, Iipumbu Shiimi, sê die regering gaan geen finansieringsbydrae tot die Hyphen Green Hydrogen-projek in die Tsau//Khaeb Nasionale Park maak nie. Shiimi het tydens die ondertekening van die mylpaal-ooreenkoms gesê die belegging sal slegs gemaak word as die staat besluit om die 24 persent-belang in die projek te verkry. Hy beklemtoon dit is dus belangrik om te verstaan dat dit ‘n privaatsektor-gedrewe projek is. Trouens, sê Shimi, nou na die ooreenkoms, wat die inleiding van ‘n uitvoerbaarheid-studie sal meebring, gaan Hyphen die geld en finansiering verkry.