Energiekenners skepties oor minister van elektrisiteit

Energiekenners in die buurland is van mening dat die minister van elektrisiteit beoordeel moet word volgens sy vermoë om die energiekrisis in die land te verlig en nié net op sy woorde nie. President Cyril Ramaphosa het ‘n proklamasie oor die Kgosientsho Ramokgopa se bevoegdhede en take gepubliseer. Volgens die proklamasie word alle funksies en magte oor sekere afdelings van die Wet op Engergieregulering van die minister van energie, Gwede Mantashe, aan Ramokgopa oordra. Ramokgopa is in Maart aangestel. Hy het intussen verskeie Eskom kragstasies besoek. Die energiekenner, Chris Yelland, glo dat almal nie op dieselfde bladsy is nie, wat problematies is.