Shiimi bring effe verligting met verhoogde toelae

Die goeie nuus van die middeltermyn begrotingsrede is die aankondiging dat maatskaplike toelae opgestoot word. Finansminister Ipumbu Shiimi het toelae vir begunstigdes van die voedselbank van 500 na 600 Namibiese dollar opgestoot, met onmiddellike effek. Die ongeskiktheidstoelaag word ook vergroot.

Die verhoging in die ongekiktheidstoelaag is eers volgende jaar April van krag en so ook die goeie nuus vir pensioenarisse en kwesbare kinders, wat ook volgende jaar 100 dollar maandeliks meer kry.