Shifeta: Toegewyde werksmag nodig om natuurlike hulpbronne te beskerm

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag 23 bosbou-vredesbeamptes amptelik aangestel. Die 23 beamptes het opleiding by die Namibiese polisie gekry om as wetstoepassers in die veld op te tree. Shifeta sê wetstoepassing vereis goed opgeleide beamptes wat ondersoek-vaardighede moet hê, vaardighede in die bestuur van ‘n misdaadtoneel, sowel as die aanbieding van getuienis voor die howe ten einde positiewe vervolging te verkry. Shifeta het tydens die seremonie gesê ‘n toegewyde werksmag is nodig om natuurlike hulpbronne te beskerm.