Shifeta sê stropers van 11 swartrenosters sal vasgetrek word

Buiten renosters, olifante en ietermagôs, word ander spesies soos groot katte, reptiele, plante en hout-spesies toenemend geteiken, sê die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta. Die omgewingsminsiterie bied vandag en môre ‘n nasionale forum oor wildlewe-beskerming in die hoofstad aan. Hy sê wildstropery vir vleis is ook ‘n groot bekommernis wat tans meer as 50 persent van wildmisdaad in Namibië uitmaak. Shifeta sê die ontdekking van die 11 swarternosterkarkasse in die Etosha Nasionale Park en die onwettige hout-oeste in die Kavango-Oos-streek is ‘n teken dat operasie-strategieë dringend verander moet word. Die minister het sê hy verseker dat die oortreders vasgetrek sal word. Shifeta sê georganiseerde misdaad bevorder korrupsie.

Hy het bygevoeg wat die impak van die verlies van natuurlike hulpbronne weens stropery is.