Shifeta rig streng waarskuwing aan bewaringsgebiede

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het ‘n streng waarskuwing aan inwoners van bewaringsgebiede gerig om op te hou met stropery en die verduistering van fondse. Shifeta, was op Katima Mulilo en sê dat talle van die streek se inwoners gereeld in hegtenis geneem word op klagte van stropery, insluitend lede van bewaringsgebiede se bestuurskomitees. Hy sê dit is soos om ‘n wolf in ‘n skaapkraal te plaas. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor sindikate in bewaringsgebiede wat inwoners ontneem van voordele. Hy sê inwoners moet met inligting na vore kom as hulle kennis dra van sulke gevalle. Hy het bestuurskomitees ook gemaan om deursigtig en verantwoordelik met bewaringsgebiede se geldsake te werk.