Shifeta: Opgradering van Etosha-heining is ‘n duur, tydsame proses

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê die ministerie is besig om die heining van die Etosha Nasionale Park op te gradeer om te keer dat wild uit die park ontsnap wat later mens-dier-konflik by naburige gemeenskappe veroorsaak. Hy erken egter dat dit ‘n duur oefening is wat tyd sal neem om te voltooi om ‘n radius van meer as 800 kilometer ten volle te omhein. Die ministerie beoog om in die toekoms ‘n toegewyde span te hê wat slegs verantwoordelik sal wees vir die instandhouding en monitering van die heining. Shifeta sê dit sal ook help om  wildstropery te voorkom. Die ministerie het 203,4 miljoen Namibiese dollar begroot vir pad-opgraderings in Etosha, wat in vyf fases uitbetaal word, wat terugdateer na 2019. Tot dusver is sowat 1,37 miljoen dollar bestee om ‘n deel van 275 kilometer van die grondpaaie te finansier.