Shifeta: Omgewingsbestuursplanne in plek vir groenwaterstof-projek

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het sy versekering gegee dat omgewings-bestuursplanne van die groenwaterstof-projek van Hyphen Hydrogen Energy in die Tsau//Khaeb Nasionale Park deeglik in plek is. Vrae oor die beskerming van die sensitiewe omgewing van die park is tydens die ondertekening van die die mylpaal-ooreenkoms tussen die regering en Hyphen gevra. Shifeta sê die omgewingsbestuursplanne van die projek, soos dié in al die nasionale parke, word onder die wakende oog van die omgewingskommissaris uitgevoer.