Kevin Hart wen toekenning by Cannes Lions

Die gesogte internasionale kreatiwiteits-fees, Cannes Lions, het aangekondig Kevin Hart is die ontvanger van 2023 se Vermaaklikheidspersoon van die Jaar-toekenning. Hierdie toekenning vier individue wat beduidende bydraes gelewer het tot die vermaaklikheidsbedryf deur ander te inspireer om boeiende, betekenisvolle en vermaaklike inhoud te skep. Die Amerikaanse komediant is bekend as ‘n vermaaklikheidster, entrepreneur en stigter en voorsitter van die wêreldwye media-onderneming Hartbeat. Die toekenning gee erkenning aan sy besonderse talent en kreatiewe visie.