Shifeta lê kriminele klag teen LGBTQ-lede wat hom glo belaster

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hy het ‘n kriminele klag van crimen injuria aanhangig gemaak teen verskeie lede van die LGBTQ-gemeenskap wat glo gerugte versprei oor prominente leiers wat gay is. Die kriminele saak wat deur Shifeta gelê is, spruit uit ‘n WhatsApp-skermskoot wat beweer dat verskeie hooggeplaaste amptenare, insluitend Shifeta, geheime lede van die LGBTQ-gemeenskap is. Hy sê dat baie mense politici uitbuit en gewetenlose agendas propageer. Shifeta het enige iemand wie se naam onregmatig belaster word aangemoedig om ook klagte by die polisie aanhangig te maak. Hy voeg by dat die verspreiding van leuens oor individue nie net onderhewig is aan siviele laster-regsgedinge nie, maar ook ‘n misdaad is.