Shell verleng kontrak vir verdere boorwerk

Shell Namibia Upstream, die Namibiese filiaal van die Nederlandse olie-reus, het ‘n 1,7 miljard Namibiese dollar kontrak met Northern Ocean beklink om die Deepsea Bollsta-olieboor te benut vir verdere boorwerk. Die Noorweegse Odfjell Drilling doen die werk met die Deepsea Bollsta namens Northern Ocean. Die oorspronklike kontrak was vir ‘n jaar maar is nou verleng. Die aankondiging kom na Shell en sy vennote, Qatar Energy, en Namcor, ‘n beduidende ontdekking van olie in die Jonker-1X put aangekondig het.