Shell se seismiese skip verlaat SA

Skeepsnasporingsdata wat deur Bloomberg saamgestel is, toon die Amazon Warrior wat gehuur is om seismiese opnames aan die Wildekus van die Oos-Kaap te doen, is op koers terug na Die Kaap van Goeie Hoop, nadat Shell sy hofsaak verloor het. Volgens die verslag sal die vaartuig Las Palmas in die Kanariese Eilande op 18 Januarie bereik. Die Hooggeregshof in Makhanda het op 28 Desember verlede jaar ‘n dringende interdik toegestaan, ingevolge waarvan verdere seismiese opnames verbied is, omdat dit die grondwetlike regte van die gemeenskappe wat geraak word, skend.