Shell se Cullinan-1X lewer niks, boorwerk op Jonker begin

Shell het boorwerk op sy Jonker-put in die Oranje-bekken van stapel gestuur. Daar word berig dat daar moontlik bronne van 2,5 miljard vate olie is. Die put is 20 kilometer van die Graff-put waar Shell die eerste olie-ontdekking gemaak het. Intussen word daar berig dat sy Cullinan-1X put geen ontdekking gemaak het nie maar, daar is wel aanduidings van ‘n werkende petroleumstelsel. Shell en sy vennote QatarEnergy en Namcor het tot dusver vier beduidende olieontdekkings gemaak.