Shell onttrek uit Rusland

Die energie-reus Shell sê hy gaan sy betrokkenheid by Russiese gas en olie staak. Dit sluit in die aankope van ru-olie, wat onmiddellik gestaak word. Die maatskappy sê ook hy gaan sy diensstasies en lugvaartbrandstof- en smeermiddelbedrywighede in Rusland sluit. Intussen beskuldig Oekraïne Rusland van die skending van ‘n humanitêre deurgang wat daarop gemik is om burgerlikes toe te laat om die beleërde suidelike hawestad van Mariupol te verlaat. Rusland het Mariupol laat gister aangewys as een van vier stede waar ontruimingsdeurgange oopgemaak sal word.