Shaun Pollock in Hall of Fame opgeneem

Krieket: Die voormalige kaptein van die Proteas, Shaun Pollock, is in die gesogte Hall of
Fame van die Internasionale Krieketraad opgeneem. Die legendariese speler van Sri
Lanka, Mahela Jayawardene en die voormalige Engelse vroue-kolwer, Janette Brittin, is
saam met Pollock vereer. Die veelsydige Pollock is die eerste speler wat drie-duisend-
lopies en 300 dubbelpaaltjies in toets- én een-dag-krieket kon behaal. Hy sê die eer is
die kersie op die koek van sy loopbaan.