Shanghala raak parmantig met Fishrot-regter

Oudjustisie-minister Sacky Shanghala het vanoggend alles uitgehaal toe hy ‘n geleentheid gekry het om regter Moses Chinhengo toe te spreek oor die feit dat vyf van hulle, hy inkluis steeds nie regsverdediging het nie.

Hy het parmantig met die regter geraak en daarop gesinspeel dat die eise deur Chinhengo dat hulle vandag pleit, op hulle basiese regte indring maar, hy meen daar is ook ‘n ander meer sinister rede… die regter se ouderdom en aanstelling as buitelandse burger en regter van die Namibiese hof. Shanghala sê hy is goed vertroud met die wetgewing in die verband en voer aan Chinhengo moet op 70 aftree en dus, wil hy die verhoor aanjaag.