Shanghala en kie weer in hof vir borg

‘n Nuwe borgaansoek deur van die Fishrot-beskuldigdes is neergelê vir verhoor van vandag tot 12 November. Regter Shafimana Ueitele hoor die aansoek aan. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi bring die aansoek. Volgens berigte sê die groep die ondersoek is afgehandel en hulle meen die staat kan moontlik inmeng met getuies. In hulle stukke sê hulle ook hulle het nie genoeg geld om die land te verlaat nie en dus, is daar geen risiko dat hulle die land sal vlug nie. Dit is Shuudifonya en Mwapopi se eerste aansoek om borg.