Shalulile genomineer as Cosafa Mans Speler van die Jaar

Peter Shalulile, die doele-vraat van Namibië se nasionale mans-sokkerspan, die Brave Warriors, is genomineer vir die Mans Speler van die Jaar- toekenning van die eerste 2023 Cosafa-toekennings. Shalulile speel ook vir Mamelodi Sundowns in Suid-Afrika se Premierliga. Die wenner sal tydens ‘n gala-toekenning-seremonie aangekondig word, na ‘n paneel beoordelaars van regoor die streek hul prestasies tussen 1 Januarie en 31 Desember verlede jaar beoordeel het. Die ander twee spelers wat vir die toekenning genomineer is, is Suid-Afrika se Percy Tau wat tans vir Al Ahly speel, en die Zambiese speler Lameck Banda, wat vir Lecce speel.