4 400 studente vang graad, maar waar’s die werk?

Deur die loop van die week het 4 400 studente by die Universiteit van Namibië graad gevang. Die gradeplegtigheid-seisoen is egter nog nie afgehandel nie, aangesien verskeie ander instellings van hoër onderwys nog hul gegradueerdes amptelik die wêreld moet instuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dorothea Nangolo, die woordvoerder van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat ‘n beroep op die regering sowel as die private sektor doen om gegradueerdes in die arbeidsmark te absorbeer.