Shakira beveel om in Spaanse hof tereg te staan

’n Spaanse hof het formeel die Colombiaanse superster Shakira beveel om tereg te staan op beskuldigings dat sy versuim het om 14,5 miljoen euro aan inkomstebelasting te betaal. Die 45-jarige sangeres het in Julie ‘n ooreenkoms verwerp om die saak te skik, wat beteken het dat sy tereg sal moet staan. Die aanklaer eis ‘n tronkstraf van agt jaar. Sy word daarvan aangekla dat sy tussen 2012 en 2014 nie belasting betaal het nie, ‘n tydperk wat sy sê sy nie in Spanje was nie. Shakira sê sy sal die klagtes in die hof beveg en beweer dat die beskuldigings vals is. Die datum vir die verhoor is nog nie bepaal nie.