Shack Dwellers voltooi nog 20 huise in Okh

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het 20 huise oorhandig aan die Shack Dwellers-federasie in die Oshetu-nedersetting in Okahandja. Die huise is gebou deur die federasie in samewerking met die Pupkewitz-stigting, Ohorongo-sement, FNB, Neo Paints en die munisipaliteit van Okahandja. Uutoni het die federasie geloof vir sy uitstekende werk om behuising te verseker vir inwoners regoor die land. Die federasie behaal baie groot suksesse om huise te bou deur middel van gemeenskapsbetrokkenheid.