Sewende verkragting in eerste 4 dae van 16 van aktivisme aangemeld

Die polisie in Otjozondjupa bevestig ‘n saak van verkragting is teen ‘n 17-jarige tiener gemaak na hy blykbaar ‘n sewe-jarige seun by die Kap en Bou-nedersetting by Grootfontein verkrag het. Volgens die mag het die kind by sy tante se huis met ander kinders gaan speel en die verdagte, die slagoffer se neef, was ook teenwoordig. Die verdagte is gearresteer en sal vandag in die Grootfontein-landdroshof verskyn. Dit is die sewende verkragting wat aangemeld is sedert die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld vier dae gelede begin het.