Sestien Covid-sterftes in vier distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 16 Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig, asook 197 nuwe gevalle uit 1 731 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 11,4 persent verteenwoordig. In die groep is 33 leerders, sewe onderwysers, nege studente en twee gesondheidswerkers. Daar is nou 2 843 aktiewe gevalle, waarvan 232 mense in hospitale en 42 in intensiewesorgeenhede is.