Sesnasies se tweede ronde skop af

Rugby: Die tweede ronde van die Sesnasies-kompetisie word die naweek beslis. Skotland en Frankryk skop die aksie vanmiddag op Murrayfield in Edinburgh af, gevolg deur die wedstryd tussen Engeland en Wallis op Twickenham in Londen. Môremiddag pak die verdedigende kampioen, Ierland, vir Italië in Dublin. Ierland is boaan die punteleer na sy bonuspuntoorwinning oor Frankryk, gevolg deur Engeland wat verlede naweek gesukkel het om met Italië af te reken. Skotland is derde, gevolg deur Wallis, Italië en Frankryk.