Sesnasies-organiseerders ontken Springbokke gaan by hulle aansluit

Rugby: Die organiseerders van die Sesnasies ontken volgehoue bespiegeling oor Suid-Afrika se aansluiting by die kampioenskap en sê geen veranderings gaan aangebring word nie. Die Bokke het hulle vroeër die week verbind tot die Rugbykampioenskap tot minstens 2025, maar dit is gevolg deur gerugte dat die span daarna by die Noordelike Halfrond gaan aansluit. Die hoofde van die Sesnasies het gister ontken daar is enige vooruitsig dat Suid-Afrika ingesluit sal word of dat Italië sy plek gaan verloor na 34 agtereenvolgende nederlae.