Drie vermeende dwelmsmokkelaars vasgetrek tydens Copps 94.1

Die Copps 94.1-span het saam met die Windhoekse Stadspolisie gisteraand drie verdagtes in hegtenis geneem wat in besit van dagga was met ‘n waarde van ongeveer 300 000 Namibiese dollar. Die drie beskuldigdes was glo op pad Rehoboth toe voor hulle deur die polisie voorgekeer is. Francois Lottering was op grondvlak saam met ons borge G4S Namibia, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue 24 en die Windhoekse Stadspolisie.