Sesde plaasaanval in een week in SA aangemeld

‘n Boer van Delmas in Mpumalanga was die slagoffer van die sesde plaasaanval in Suid-Afrika hierdie week. Die liggaam van die 72-jarige is vanoggend in sy huis gevind, nadat hy blykbaar Maandagaand oorval is. In ander plaasaanvalle die week is ‘n vrou, haar seun en ‘n werker naby Musina in Limpopo geskiet, terwyl die liggaam van ‘n boer naby Waterval-Boven in Mpumalanga gevind is. AfriForum se woordvoerder, Llewellyn Hemmens, het landbougemeenskappe gevra om waaksaam te wees te midde van ‘n skerp toename in aanvalle.