Ses skuldig in Brussel bomaanval
Ses uit tien mans is skuldig bevind aan moord en poging tot moord vir hulle aandeel in die 2016-terreuraanvalle in Brussel waarin 32 mense dood en meer as 300 beseer is. Twee mans, ‘n Tunisiër en ‘n Rwandees, is vrygespreek van moord, maar saam met ses ander skuldig bevind dat hulle deelgeneem het aan terrorisme-bedrywighede. Twee broers, Smail en Ibrahim Farisi, is op alle aanklagte vrygespreek. Die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanvalle. Ses van die beskuldigdes is die vorige jaar reeds skuldig bevind aan terreuraanvalle in Parys.