Ses maande sedert voëlgriep uitbreking, ANC moet nog entstof bekom

Die DA sê byna ses maande is verby sedert voëlgriep uitgebreek het, maar die regering moet nog die verkryging van die nodige entstowwe afhandel. Die party erken die belangrikheid om voedselsekerheid te verseker en roekelose inenting te voorkom, maar die regering se vertraagde optrede om boere te red, kom teen ʼn koste. Noko Masipa van die DA sê die privaat sektor maak gelukkig vordering met die Deltamune-entstof se registrasie-proewe: