Malawi behaal groot sukses, vinnig-vinnig, met koring

Malawi het sy eerste suksesvolle grootskaalse oes van koring gemaak. Die land het dit reggekry in net twee koringseisoene, na die konflik in Oos-Europa begin het en die land sy afhanklikheid van koringinvoere hersien het. Ronald Ngwira, hoof uitvoerende beampte van die Malawi-geregistreerde Pyxus Agriculture Limited, wat ‘n plaas in sentraal Malawi vir die diversifikasie van koringsade bedryf, sê sowat vier variëteite koring is geskik gevind vir Malawiese toestande uit sowat 80 variëteite wat sedert 2019 getoets word. Namibië sukkel reeds jare lank om variëteite teen die noordelike grens te toets maar, tot op hede is daar geen vordering nie.