Ses leerders betrek by brand by Johannesburgse hoërskool

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, sê ses graad 12-leerders aan die Hoërskool Glenvista in die suide van Johannesburg word betrek by brandstigting in een van die skool se sale. Die groep het na bewering dele van die gebou aan die brand gesteek in ‘n oënskynlike poging om nie eksamen te skryf nie. Woordvoerder, Steve Mabona, sê die beheerliggaam het ‘n verantwoordelikheid om tugstappe te doen teen enige persoon wat skool-eiendom beskadig.