Ses gevalle van veediefstal oor Paasnaweek

Daar was ses gevalle van veediefstal oor die langnaweek aangemeld. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is ‘n 32-jarige Namibiër op Okahandja gearresteer in besit van drie bok karkasse naby Grossbarmen. Op Omaruru, behalwe vir die twee koedoes ter waarde van 15 000 Namibiese dollar, is ‘n vlakvark ter waarde van 2 500 dollar gestroop gedurende die nag. Die karkas is gevind maar die stroper het gevlug en geen arrestasie is gemaak nie. ‘n 31-jarige man is op Dordabis gearresteer nadat hy ‘n gemsbok ter waarde van 5 000 dollar gejag het. Van die vleis is teruggevind en die verdagte sal binnekort in die hof verskyn. Drie mans is op Outapi vas na hulle na bewering ‘n bokram gesteel het. Die drie is reeds aangekla en verskyn vandag op die dorp. En by Ogongo is twee mans, 18 en 20, gearresteer in besit van ‘n bok karkas. Net die huid en die kop is teruggevind. Die ondersoek duur ook voort.