Mosie van wantroue teen Jhb se burgemeester en speaker

ActionSA in Gauteng sê hy gaan vandag mosies van wantroue indien teen die Stad Johannesburg se burgemeester Thapelo Amad, die raad se speaker Colleen Makhubele, en ander ampsdraers. Die party sê hulle is almal aangestel deur skelm onderhandelings tussen die ANC se Gautengse provinsiale voorsitter, Panyaza Lesufi, en die EFF. ActionSA se koukusleier in Johannesburg, Funzi Ngobeni, sê Amad het onlangs op televisie sy onvermoë getoon om die basiese feite van ‘n leningsooreenkoms van 9,5 miljard Suid-Afrikaanse rand te verstaan: