Ses Afrika-lugdienste vlieg nou ook Kaapstad toe

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, verwelkom die Kaapstadse Lug-toegang se aankondiging dat altesaam ses Afrika-lugdienste by Kaapstad en die Wes-Kaap se internasionale netwerk gevoeg is sedert die stigting in 2015. Dit verbind die provinsie met 11 lande en 15 bestemmings in Afrika. Wenger sê meer verbindings beteken meer toeriste, en meer toeriste beteken meer werk vir die inwoners van die Wes-Kaap.