ErongoRed se skuld aan NamPower betaal

ErongoRed stel al sy belanghebbendes gerus dat sy elektrisiteit nie deur NamPower afgesny sal word nie, want al die kragverspreider se rekeninge by NamPower is op datum. Daarom sal nie een van ErongoRed se klante en belanghebbendes geraak word deur NamPower se onlangs aangekondigde plan om die elektrisiteit van wanbetalende klante af te sny nie. ErongoRed se skuld was net 5,6 persent van die totale skuld aan NamPower. Volgens die kragvoorsiener word hy meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld wat môre betaalbaar is of beurtkrag begin in fases vanaf 5 Junie. Die aankondiging het groot oproer veroorsaak.